For international or bulk orders, email info@flyleaf.co.za Email Now
Free delivery on orders above R1000 to main centres in SA or to a PostNet near you.
  • Home
  • Shop
  • Publishing Services
  • About
  • Contact Us
Sign In
Login Register

Lost password?

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privacy policy.

0 0

No products in the cart.

Return To Shop
Shopping cart (0)
Subtotal: R0,00

Checkout

Free shipping over R1000.

Menu Genres
  • Home
  • Shop
  • Publishing Services
  • About
  • Contact Us
  • Pictorials
  • Forthcoming
  • Current Affairs
  • New Releases
  • Art
  • Afrikaans
  • Biography
  • Business
  • Conservation
  • Poetry
  • Wildlife
  • History
  • Leadership
  • Memoir
  • Sport
Basket 0
Sign In
0 0
0 Shopping Cart

No products in the cart.

Return To Shop
Shopping cart (0)
Subtotal: R0,00

Checkout

Free shipping over R1000.

Sign In
My Account
Login Register

Lost password?

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privacy policy.

Deur die Sterre Gelei – Die Anglo-Boereoorlog en daarna 1899-1943

Deneys Reitz

R495,00

Reitz het die buitengewone gawe gehad om die oorlog te deurleef asof hy deur die blaaie van ’n avontuurverhaal blaai.

  – Thomas Pakenham

Deur die sterre gelei is die trilogie van Deneys Reitz se drie gewilde boeke, Kommando, Trek Voort en Geen Uitspan, wat die gebeure van sy merkwaardige, aksiebelaaide lewe saamvat.

Description

Kommando, die eerste boek, is ’n vertelling van Denys se ongelooflike ervarings tydens die oorlog (1899 tot 1902), nadat hy as 17-jarige ewe ongeërg aangesluit het. Kommando, wat in 1929 gepubliseer is toe die depressie op sy ergste was, was dadelik ’n blitsverkoper, en was sedertdien nog nooit uit druk nie.

Die tweede boek, Trek Voort is die verhaal van Reitz se stryd as banneling-bittereinder in Madagaskar, waar hy vele ontberinge deurstaan het en goedere met ossewaentjies vervoer het om aan die lewe te bly. ’n Brief van generaal Smuts se vrou het hom oorreed om terug te keer na Suid-Afrika. Deneys het by die Smuts-gesin gewoon terwyl hy van malaria herstel en in Pretoria as ’n regsgeleerde gekwalifiseer het. Die boek beskryf Reitz se aktiewe rol in die onderdrukking van die 1914-rebellie in die Vrystaat, oorlogvoering onder Botha en Smuts in Duitswes en Oos-Afrika, en gevegte in die loopgrawe in Frankryk tot aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog, toe hy in bevel van ’n Skotse bataljon was.

Ten slotte fokus Geen Uitspan op Reitz se terugkeer na Suid-Afrika ná die Eerste Wêreldoorlog, sy toetrede tot die politiek, en die voortsetting van sy vreeslose en avontuurlustige lewenstyl as minister van grondsake en bosbou, wat hom in staat gestel het om oor die lengte en breedte van Suid-Afrika te reis. Hy het ’n omgewingsbewaarder geword en was instrumenteel in die totstandkoming van die Nasionale Krugerwildtuin. Hy het ook ’n leidende rol gespeel in die dramatiese kabinetsvergadering wat die Hertzog-regering omver gewerp het en tot Suid-Afrika se toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog gelei het. As adjunk- eerste minister het Reitz tydens Smuts se afwesigheid as eerste minister gedien, en interne probleme soos die Ossewa Brandwag hanteer.

Kommando, Trek Voort en Geen Uitspan gee gesamentlik vir die leser ’n ongelooflike insig in die gebeure in Suid-Afrika tussen 1899 en 1943 – deur die oë van ’n vreeslose Suid-Afrikaanse avonturier wat ook ’n besonder talentvolle skrywer was.

Trekking On – In the com...

R230,00

Bloei + Blom – ‘n ...

R850,00

Copyright © 2026 FLYLEAF.CO.ZA