For international or bulk orders, email info@flyleaf.co.za Email Now
Free delivery on orders above R1000 to main centres in SA or to a PostNet near you.
  • Home
  • Shop
  • Publishing Services
  • About
  • Contact Us
Sign In
Login Register

Lost password?

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privacy policy.

0 0

No products in the cart.

Return To Shop
Shopping cart (0)
Subtotal: R0,00

Checkout

Free shipping over R1000.

Menu Genres
  • Home
  • Shop
  • Publishing Services
  • About
  • Contact Us
  • Current Affairs
  • New Releases
  • Art
  • Afrikaans
  • Biography
  • Business
  • Conservation
  • Poetry
  • Wildlife
  • History
  • Leadership
  • Memoir
  • Sport
  • Pictorials
  • Forthcoming
Basket 0
Sign In
0 0
0 Shopping Cart

No products in the cart.

Return To Shop
Shopping cart (0)
Subtotal: R0,00

Checkout

Free shipping over R1000.

Sign In
My Account
Login Register

Lost password?

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privacy policy.

Ek is nie Danie – ’n Keur uit die gedigte van Danie Marais

Danie Marias

R320,00

‘Groot digters skryf gedigte wat nie net herkenbaar of vervreemdend is nie, maar tekste wat konfronterend is en vir ons ’n spieël voorhou wat ons laat lag of huil.

Binne vier digbundels het Danie Marais in die Afrikaanse poësie tot so ’n groot stem gegroei, en ’n antenna geword. Reeds in sy debuut In die buitenste ruimte (2006), is die kontoere van hierdie digterskap duidelik aanwysbaar: ’n vertroulike, sjarmante vertelstem, ’n skynbaar outo-biografiese openhartigheid, ’n aforistiese trefkrag, en ’n gemaklike aanklank by ander skrywers en populêre kultuur in die algemeen.’ – ALFRED SCHAFFER

‘Danie Marais is, wat my betref, een van die weinig wit manlike digters in Afrikaans wat homself volledig binne ons nasionale konteks teken.’ – ANTJIE KROG

‘In Ek en jy bestaan nie word broodnodige introspeksie en enorme eksistensiële vraagstukke verpak in poësie wat bedrieglik eenvoudig oorkom.’ – RYAN PEDRO, Commendatio: Breyten Breytenbach-prys vir Digkuns

‘Sy digterlike woorde is in vele opsigte die aanhef tot ’n belangrike gesprek wat nog heelwat ore en oë moet bereik.’ – THYS HUMAN , LitNet

Description

Ek is nie Danie is ’n keur uit die digter Danie Marais se vier digbundels: In die buitenste ruimte, Al is die maan ’n misverstand, Solank verlange die sweep swaai en Ek en jy bestaan nie. Daar is ook een nuwe gedig ter inleiding.

Die versameling sluit volledige weergawes van die 18 gedigte in wat tot die opspraakwekkende gelyknamige toneelstuk, Ek is nie Danie, verwerk is. Dié stuk, onder regie van Nico Scheepers, met spel en sang deur Albert Pretorius en musiek deur Schalk Joubert, het in 2025 vier Woordtrofee-toekennings, insluitend beste toneelstuk, ontvang.

Marais se werk is met die Ingrid Jonker-, Eugène Marais-en UJ-debuutprys, ’n SALA-toekenning en die eerste Breyten Breytenbach-prys vir Digkuns bekroon.

Sy toeganklike gedigte knoop intieme gesprekke met die leser aan oor ontheemding in die buiteland, verlange, morsige liefde, gefnuikte verhoudings, ouerskap en die verwarspul van middelklasverknorsings in ’n skisofrene, verskeurde Suid-Afrika. Dis poësie wat diep sny, maar jou altyd laat met die wete: jy brand nie alleen nie.

We, the People – 30 Years of A...

R850,00

The Crying Bridge & Other...

R340,00

Copyright © 2026 FLYLEAF.CO.ZA